Paleoantropologie

Replika van die Taung-kind se skedel.

Paleoantropologie is 'n tak van paleontologie en antropologie wat probeer om die vroeë ontwikkeling van anatomies moderne mense te verstaan deur die rekonstruksie van evolusionêre verwantskapslyne in die familie Hominidae. Bewyse word verkry uit versteende skeletoorblyfsels, beenfragmente, voetafdrukke en kultuurbewyse (soos klipinstrumente, artefakte en die ligging van nedersettings).[1][2]

Die veld maak gebruik van primatologie, paleontologie en antropologie. Namate tegnologie en metodes verbeter, speel genetika 'n al hoe belangriker rol, veral in die ondersoek en vergelyking van DNS-strukture om die verband tussen spesies en genusse te bepaal.

  1. "paleoanthropology". Oxford University Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2016. Besoek op 1 Oktober 2015.
  2. "paleoanthropology". Dictionary com LLC. Besoek op 1 Oktober 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search